Tuesday, 18 September 2012


Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ons ons slaapsakke en stapskoene moet afstof vir die 2012 Avontuurkamp te Waterval Boven, Mpumalanga. Die kamp is 'n oriënteringskursus waarmee gepoog sal word om jou as leerling, te stimuleer om buitelig-aktiwiteite op 'n veilige en beplande wyse aan te pak.


Die aanbieders van die kursus is gekwalifiseerde instrukteurs wat alle aktiwiteite opvoedkundig kan verantwoord. Ons kan jou verseker dat jy 'n uiters verrykende ondervinding gaan meemaak waar ons sal poog om almal te lei tot selfkennis, selfverwesenliking en kennis van jou medemens en veral ook van jou Skepper.

Plek:                                   Waterval Boven, Mpumalanga
Datum:                              29 - 31 Oktober 2012
Aktiwiteite:                       Absail
                                             Rotsklim
                                             Kaart en kompas
                                             Kayak vaart
                                             Kettie (maak en skiet)
                                             Oriënterende stap
Kostes:                               R450
Kontak besonderhede: Jeanne-Mari 0733333333, Zanél 0744444444
Vrywaringsvorms:         Ons sal van die skool s'n gebruik maak.

Ons gaan gebruik maak van hul kamp-terrein dus sal jy die volgende moet saam vat:

                        ·             slaapsak/beddegoed 
·             klere vir 3dae
·             swemklere
·             eetgery met waslap en afdrooglap
·             2 handoeke
·             hoed
·             sonbrandmiddel
·             insekafweermiddel
·             waterbottel
·             plakkies en tekkies/stapskoene
·             reënjas
·             warm klere
·             goeie dik kouse
·             aantekeningboek en pen
·             bybel
·             flits
·             toiletbenodighede
·               medikasie(wat die onderwyser in beheer van noodhulp sal bewaar)
·            kospakkie vir die rut tot by Waterval Boven
·            knipmes
·            velletjie vir kettie
·            sakgeld





Nou wonder jy seker hoekom daar by die aktiwiteite beide absail en rotsklim staan....is dit nie dan een en dieselfde ding nie? Hier is 'n video oor absailing en rotsklim wat vir jou presies sal wys wat die verskil is tussen die twee aktiwiteite.


DIT is hoe profesionele mense dit doen!! Jy gaan dit ook so doen, behalwe jy sal 'n veligheids-tou aan jou vas hê wat jou sal begelei van bo-en van onder af.
Die volgende video is oor absailing:

Onthou, dit is lewens belangrik om vir jou instrukteur te luister!!

Die volgende video is presies jou jy NIE moet absail NIE!!

En.........






Nog 'n opwindende aktiwiteit wat ons op die kamp sal aanpak is: Kano vaart

Om te kano is baie meer as om in 'n boodjie te klim en op die water te roei. Die instrukteurs gaan jou leer hoe om jou spaan oordentlik vas te hou, hoe om in-en-uit jou kayak te klim deur jou spaan te gebruik, hoe om reguit en egalig te roei, wat om in stroomversnellings te doen en hoe om die spatseil af te kry as jou kayak sou omdop. Hulle kan jou ook leer hoe om 'n eskimo-rol te doen in bewegende water, as hulle sien jy is bekwaam genoeg daarvoor.
Kayak vaart leer jou om veilig in die natuur te kan speel. 

Hier is 'n video wat presies wys hoe 'n eskimo rol gedoen word:



Hier is 'n paar foto's van Waterval Boven.